Wie van ons was nie al spyt oor iets wat soos ‘n goeie idee geklink het maar later in ‘n totale fiasko ontaard het? Die woorde in hierdie prentjie is glo ‘n ou Chinese spreekwoord. Dit het my dadelik laat dink aan hierdie Skrif in
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Wat ons dink kom dikwels onnadenkend uit ons mond en dan val dit in iemand anders se ore. Ons woorde beïnvloed hoe ons oor onsself voel en hulle kan beslis ‘n impak hê op hoe ander mense dink en voel. Woorde is simbole van dit wat in ons koppe aangaan en wat ons aan ander mense kommunikeer. Ons deel ons vrese, ons hartseer, ons vreugde, ons liefde en ons drome met ons woorde.
Ons woorde skep aksie – en ons woorde kan intimiteit of skeiding skep. Met ons woorde kan ons onsself motiveer om dinge te doen wat ons nooit gedink het ons kan doen nie, en ons woorde kan ook ander beweeg om vorentoe te tree in hul eie persoonlike krag sodat hulle tot diens van hul gemeenskap kan wees. Woorde kan ons kalmeer of opgewonde maak. Woorde kan eintlik die rigting van ‘n nasie verander. Wees dus bewus van wat jy dink en wees veral bewus van die woorde wat uit jou gedagtes kom, en die dade wat op jou woorde volg.
‘n Gewoonte is ‘n aksie wat ons gereeld doen, dikwels sonder om te dink. Dit is net wat ons doen. As ons ‘n aksie doen en dit voel goed of ons kry die resultate wat ons wil hê, dan herhaal ons dit dikwels oor en oor. Sommige gewoontes is voordelig en sommige kan nadelig wees. As dit nadelig is, noem ons dit gewoonlik ‘n verslawing. As dit voordelig is, word dit ‘n goeie dissipline genoem. Ons dag is vol klein klein “gewoontes” wat ons onbewustelik doen. Sommige van ons is gewoonlik netjies, of morsig, of vroeg, of laat, of onbeskof, of hoflik, of gelukkig, of kwaad. Dit is alles gewone maniere van wees. Dus, ons gewoontes word wie ons is, of hulle word ons karakter.
Iemand het eendag gesê dat blywende verandering plaasvind by daardie klein dingetjies wat ons elke dag anders doen.
Onbekend
Ander ken ons aan ons karakter. Dit is ons stempel van individualiteit. Dit is almal van ons eiesoortige eienskappe. Wanneer ons iemand beskryf, beskryf ons die persoon se karakter. “Hy is ‘n wonderlike ou!” “Wanneer ek wil hê iets moet reg gedoen word, gee ek dit vir haar!” “As ek by hom is, hou ek my sakke dop, want hy probeer my altyd so laat inkoop by ‘n skema” “As ek aan haar dink, kom ‘n glimlag op my gesig en ek voel net rustig.” Ons karakter kom van die gedagtes en aksies wat ons gewoonlik deur die tyd doen.
Dink hierdie week na oor die gedagtes wat jy dink – dit kan jou van ‘loser’ na sukses verander!

